Jan 11

Oudit senior

Goed gevestigde Rekenmeesters- en Ouditeurspraktyk in Durbanville het ‘n pos beskikbaar vir ‘n oudit senior om diens so spoedig moontlik te aanvaar.
Die ideale persoon sal beskik van ‘n toepaslike SAICA erkende graad, asook voltooide SAICA klerkskap, met genoegsame ervaring en kundigheid om oudits te lei en ‘n portefeulje van kliënte te bestuur.

Pligte:
– Beplanning, uitvoer en voltooiing van oudits en onafhanklike oorsigte met beperkte toesig
– Opstel van finansiële state in Caseware
– Samestelling van die ouditlêer
– Belastingberekeninge vir maatskappye en individue asook die bestuur van voorlopige belasting vir kliënte in jou portufeulje
– Direkte kommunikasie met kliënte
– Leiding van junior klerke tydens oudits
– Rapporteer direk aan die ouditbestuurder en vennoot

Ideale eienskappe en vaardighede:
– Toepaslike SAICA erkende graad
– Voltooide SAICA klerkskap
– Vermoë om onafhanklik te kan werk met minimale toesig
– Doelgerightheid en vermoë om tyd goed te bestuur en sperdatums na te kom
– Goeie kommunikasievaardighede in beide Afrikaans en Engels
– Goeie werkende kennis van Caseware en Excel
– Moet eie betroubare vervoer hê aangesien die kandidaat op ‘n gereelde basis kliënte moet besoek
– Moet bereid wees om soms oortyd te werk indien sperdatums dit vereis, en jaarliks vir 10 tot 15 dae weg van die huis te wees vir oudits

Vergoedingspakket: Markverwant en onderhandelbaar, afhangende van ervaring.